Quantcast
Channel: countrylove » real weddings
Viewing all articles
Browse latest Browse all 10

liefde: goud- samantha & ranvor

0
0

Ons het so paar weke terug ‘n goue gevoelbord gelaai op ons webtuiste. Ons het to op Facebook gevra of enige iemand ‘n goue troue het om met ons te deel.

René van Gypsyrose het  ons toe gekontak met die pragtige troue!

Hier is wat René te sê het van Samantha en Ranvor. Pragtig!

Ek vind dit altyd so verfrissend om te werk met bruidspare soos Samantha en
Ranvor – die liefde wat hulle vir mekaar en ons Hemelse Vader het straal
behoorlik uit hulle glimlaggende gesigte.
Die weer was perfek, en die pretensielose manier waarop hierdie twee
families bymekaar gekom het, het die romanse en vreugde van hierdie dag
verhef tot nuwe hoogtes.
Samantha het ‘n baie duidelike en visie gehad vir haar troue – stylvol, en
in lyn met die huidige style en tendense met ‘n sagte romantiese gevoel.
Elke tafel is uniek versier, gebasseer op die Vrugte van die Gees. Ons het
gebruik gemaak van pragtige vars blomme en dékor in wit, grys en goud om
elke tafel se kenmerkende tema uit te beeld.

Breede Escape in Bonnievale was die ideale agtergrond vir hierdie lieflike
paar om aan mekaar trou te beloof – en die dag is in ewigheid vasgelê deur
die talentvolle Morné van Breede Photography.
Blomme, dékor en stilering deur Gypsyrose, Bonnievale
Koek deur Louretta’s

 

The post liefde: goud- samantha & ranvor appeared first on countrylove.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 10

Latest Images

Trending Articles





Latest Images